DEPARTEMENT VAN SPORT, KUNS, KULTUUR,
WETENSKAP & TEGNOLOGIE
HANDLEIDINGWET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING, 2000 (Wet No. 2 van 2000)
DIE VISIE VAN DIE DEPARTEMENT
Die Departement strewe daarna om die Vrystaat as 'n wenprovinsie te vestig deur die voorsiening van voortreflike dienste, ten opsigte waarvan 'n getransformeerde gemeenskap toegang sal hê tot geredelike en billike toegang tot inligtingbronne, die ontwikkeling van en deelname in sport, kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie.
DIE MISSIE VAN DIE DEPARTEMENT
Ons missie is om 'n professionele diens deurmiddel van 'n gedissiplineerde werksmag te voorsien en om departementele beleid en prosedures te implementeer en daardeur die profiel van sport, kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie te verhoog.
A. KONTAKBESONDERHEDE [artikel 14 (b) van die Wet]
Inligtingsbeampte
Adres: Kamer 448 Lebohanggebou
Adjunk-Inligtingsbeampte
B. DIE ARTIKEL 10 GIDS artikel 141c
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moet 'n gids opstel oor hoe om die Wet te gebruik. Die gids sal nie later as Augustus 2003 beskikbaar wees nie. Enige navrae oor die gids moet gerig word aan:
C. TOEGANG TOT REKORDS WAT DEUR DEPARTEMENTE GEHOU WORD
a) Outomatiese openbaarmaking artikel 14 (e)
Die kennisgewing ingevolge artikel 15 wat 'n beskrywing gee van die kategorieë van rekords wat beskikbaar is sonder dat 'n versoek gerig word om toegang ingevolge die Wet te verkry, is tans nie beskikbaar nie.
Die volgende is egter rekords wat deur departemente gepubliseer word:
Jaarverslae ii
Rekords wat aangevra kan word artikel 141d
Notules van vergaderings
Referate gelewer deur die Premier, LURe en ander personeel
Werksessies en seminare
Verslae
Boeke
Klagtes ontvang
Persverklarings
Beleide
Indiensnemingsrekords
Begrotings
Strategiese planne
Verkrygingsdokumente
Die aanvraagprosedures n Aanvraer kry toegang tot die rekords van 'n openbare liggaam indien die aanvraer aan die volgende voldoen:
Alle prosedurevereistes in die Wet wat verband hou met die versoek om toegang tot die rekords te verkry; en
Toegang tot sodanige rekords word nie geweier op enige gronde vir weiering in die Wet nie.
Aard van versoek:
Die aanvraer moet die vorm gebruik wat in die Staatskoerant gedruk is [Regerings Kennisgewing R187 - 15 Februarie 2002] (Vorm A).
Die aanvraer moet ook aandui of die versoek gerig word vir 'n afskrif van die rekord of indien die aavraer net die rekord wil nagaan by die kantore van die Provinsiale Administrasie. Alternatiewelik, indien die rekord nie 'n dokument is nie, kan dit besigtig word in die aangevraagde vorm, indien moontlik artikel 292.
Wanneer die persoon vra vir toegang in 'n besonder vorm moet die aanvraer toegang gegee word op die wyse waarvoor aangevra is. Voldoening aan die versoek mag nie op 'n onredelike wyse met die departement se werksaamhede inmeng, of skade aan die rekord aanrig, of enige kopiereg wat nie aan die staat behoort, skend nie. Indien daar vir enige rede nie toegang verleen kan word soos vereis nie, maar wel op 'n alternatiewe manier, moet die heffingsgeld bereken word volgens die persoon se eerste versoek artikel 293 en 4.
Indien die aanvraer benewens 'n skriftelike antwoord tot 'n geskrewe antwoord op sy aanvraag vir die rekord, ook op 'n ander manier in kennis gestel wil word, b.v. telefonies, moet dit aangedui word artikel 182e.
Indien die aanvraer die inligting namens iemand anders aanvra, moet die hoedanigheid waarin die versoek gerig word, aangedui word artikel 182f].
Indien 'n aanvraer nie in staat is om te lees of te skryf, of indien hy/sy gestremd is, kan hulle die versoek mondelings rig. Die inligtingsbeampte moet die vorm namens die aanvraer invul en hulle van 'n afskrif voorsien artikel 183.
Twee soorte gelde moet ingevolge die Wet betaal word, die aanvraaggeld en die toegangsgeld [artikel 22]:
n Aanvraer wat toegang tot 'n rekord verlang wat persoonlike iligting oor die aanvraer bevat, hoef nie die aanvraaggeld te betaal nie. Elke aanvraer wat nie 'n persoonlike aanvraer is nie, moet die vereiste aanvraaggeld betaal.
Die inligtingsbeampte moet die aanvraer (behalwe wanneer dit 'n persoonlike aanvraer is) by wyse van kennisgewing inlig, en die aanvraer versoek om die voorgeskrewe geld (indien enige) te betaal voordat die versoek verwerk word.
Die aanvraaggeld wat betaalbaar is aan openbare instansies is R35. Die aanvraer kan 'n interne appèl, indien van toepassing, of 'n aansoek aan die hof rig, teen die aanbieding of betaling van die aanvraaggeld.
Nadat die inligtingsbeampte 'n besluit geneem het rakende die aanvraag, moet die aanvraer van sodanige besluit in kennis gestel word op 'n wyse soos versoek deur die aanvraer.
Indien daar aan die versoek voldoen word, moet verdere toegangsgeld betaal word vir opspoor, voorbereiding, reproduksie en vir die tyd wat die voorgeskrewe ure oorskry wat gewy is aan opsporing en voorbereiding van die rekord vir openbaarmaking.
D. DIENSTE BESKIKBAAR artikel 141f
Aard van dienste
Die dienste van die Departement is soos volg:
BIBLIOTEEK, ARGIEWE EN TEGNOLOGIEDIENSTE
Voorsien profesionele ondersteuningsdienste aan bibliotekeVoorsien biblioteek en inligtingsdienste aan gemeenskappe.Bevorder kennis en die gebruik van wetenskap en tegnologie ingemeenskappe.Lewer 'n Argiefdiens aan die Provinsie (vanaf April 2003)
KUNS EN KULTUUR
Administreer die Provinsiale Museumdienste
Lewer 'n Taal-, Vertalings- en Taalontwikkelingsdiens vanaf Januarie
SPORT EN REKREASIE
Bestuur strategiese programme en projekte in sport
Bestuur distriksportbedrywighede
INTERNE OUDIT
Instandhouding van 'n doelmatige en doeltreffende interne oudit in die
Departement
Sorg vir die doeltreffende finansiële bestuur van die Departement
FINANSIES EN VOORSIENING
ORGANISATORIESE DOELTREFFENDHEIDSTUDIES
Bedien die Departement met raad oor organisatoriese- en werksdoeltreffendheid (Dienslewering)
KORPORATIEWE DIENSTE
Lewer 'n Menslike Hulpbronbestuursdiens Lewer 'n Arbeidsverhoudingediens Lewer 'n Opleidingsdiens Lewer 'n Hulpdiens Bestuur Spesiale Programme wat verband hou met Geslagsake, Jeugsake en sake rakende Gestremdes, in die Departement.
Hoe om toegang tot hierdie dienste te verkry
Die dienste wat deur hierdie departement voorsien word, is hoofsaaklik tot voordeel van die Provinsie Vrystaat. Om toegang tot die dienste van die Departement te verkry, moet versoeke aan die Departementshoof gerig word. Die Departement beskik oor 'n tolvrynommer 0800 202 837.
E. REëLING WAT DIE PUBLIEK TOELAAT OM BETROKKE TE RAAK BY DIE FORMULERING VAN BELEID EN DIE UITOEFENING VAN GESAG artikel 141g
Ingevolge die Reëls en Ordes van die Provinsiale Wetgewer, word alle wetgewing gepubliseer vir kommentaar voordat dit ter tafel gelê word. Die publiek word die geleentheid gebied om geskrewe vertoë te rig of om voor verskillende portefeulje komitees te verskyn.
Verskillende provinsiale wette maak voorsiening vir lede van die publiek om lede te nomineer wat op sekere komitees kan dien.
F. DIE REGSMIDDELE WAT BESKIKBAAR IS AS DAAR NIE AAN DIE BEPALINGS VAN HIERDIE WET VOLDEN WORD NIE artikel 141h
Iemand wat 'n versoek rig kan 'n interne appèl indien teen die beslissing van die inligtingsbeampte, by 'n persoon wat deur die Premier aangewys is. Die persoon wat die aansoek rig kan by die hof aansoek doen vir toepaslike regshulp nadat hy/sy die interne prosedure uitgeput het. Die howe moet genader word in gevalle waar daar nie deur die Provinsiale administrasie voldoen is aan die bepalings van die Wet nie. Dit sal geld vir enige situasie waar die persoon wat die versoek rig teen 'n beslissing van die inligtingsbeampte wil appelleer.
G. BYWERKING VAN DIE HANDLEIDING artikel 142
Die Provinsiale Administrasie sal, indien nodig, hierdie handleiding met tussenpose van hoogstens een jaar, bywerk en publiseer.
H. BESKIKBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING artikel 143
Die handleiding van die Provinsiale Administrasie word op die volgende wyse beskikbaar gestel:
n Afskrif in elk van die drie amptelike tale moet by elke plek van pliglewering beskikbaar gestel word soos omskryf in artikel 6 van die Wet op Pliglewering 1997; die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie; en elke kantoor van daardie openbare liggaam.
